News & Blog Post
Conqueror, Dinokeng help to save the Rhino’s.
Die Dinokeng-wildreservaat het ‘n stewige dosis voorkomende maatreëls in plek gestel nog voor enige stropers van die reservaat se renosters in hulle visier kon kry.
Een van die grondeienaars in die reservaat, dr. Charles van Niekerk, ‘n dierearts, het ‘n tegniek ontwikkel om stropers te pootjie. Die tegniek behels ‘n behandeling waartydens ‘n soort kleursel – dieselfde wat gebruik word vir banknote in transito – tesame met ‘n parasiet in albei horings van die renoster ingespuit word. Die parasiet is skadelik vir die mens, maar pla die renoster glad nie.
Van Niekerk plant dan terselfde tyd ‘n mikroskyfie op die dier en neem DNS-monster. Een so behandeling kos sowat R10 000 en dit moet na vyf jaar herhaal word.
Die renoster is egter skaars ‘n halfuur buite aksie, en as hy daar wakker word, moet die stropers ligloop.
In Heidelberg, Gauteng het ook die manne van Conqueror besluit om betrokke te raak in die stryd teen renosterstropers. Volgens Philip de Vries, een van die maatskappy se mede-eienaars, het hulle ‘n ooreenkoms gesluit met ‘n konsultant wat renostersindikate oopvlek. Conqueror het die gebruik van sy waens oor ‘n tydperk van vyf jaar gratis aan die maaskappy beskikbaar gestel.
Die totale waarde van die “huurooreenkoms” is sowat R1,64 miljoen, en Philip sê dit is hoe hulle van hulle kant af ‘n verskil kan maak.
Die Conquest was die eerste wa wat gebruik is in ‘n oorgrens-operasie, en 300 km is daarmee afgelê. Tot op hede was Conqueror se geborgde waens betrokke by nog tien operasies. Die wa word gebruik om in te slaap sowel as as ‘n “operasie sentrum” waarin die teenstroopeenhede hulle daaglikse bedrywighede kan koordineer.